JUKSKEI

Verlede jaar het dit baie goed gegaan met die jukskei. Ons seisoen het uitstekend afgeskop en baie nuwe spelers het by die jukskei ingeskakel. Dit was ook vir ons baie lekker om die derde kwartaal op Trio Primêr se jukskeibane te kon oefen. Trio Primêr het gespog met 7 ligaspanne – 2 A-spanne en 5 B-spanne.

Baie dankie aan ons afrigters: mevv. Mari van Zyl, Carina du Preez en Magda Bam, asook ons buite-afrigters: mevv. Marlize Bezuidenhout, Louise Fourie, Karen Olivier, Alta Zaaiman en mnr. Hannes Mynhardt wat ons gehelp het met die afrigting van die onderskeie spanne. Dit is opreg waardeer.

Hierdie samewerking en harde werk het 'n groot rol gespeel in die sukses van die jukskeispanne. Ons sien uit na nog 'n suksesvolle seisoen!

Tydens die SA-kampioenskap wat plaas gevind het 6-12 Desember 2025 is Nadia Serfontein aangewys as een van die top 10 o.13-dogter speler. 

3

Die Noord-Vrystaat o.13 dogters 

eindig 3de in die o.13 Elite afdeling.

Custom Icon

Nadia Serfontein

is ook as 1 van die Top 10 SA Uitblinkers aangewys vir o.13 dogters

© Kopiereg 2026 Trio Primêr - Alle Regte Voorbehou | Koekiebeleid | Privaatheidsbeleid

← Terug na Sportpaneelbord
↑ Terug na Bo