Die Kroonstad Eisteddfod is ‘n gemeenskap-inisiatief wat jare al deur Kroonstad-kultuurliefhebbers gedryf word. Dit word tweejaarliks aangebied.
Die voorsitter van die komitee is Mnr. Frans Lourens van Kroon Primêr. Komiteelede bestaan tans uit personeel van Trio Primêr en Kroon Primêr. Ouers en belangstellendes uit die omgewing help met die administrasie in die lokale.
Dit was ons voorreg vanjaar om vir ‘n eerste maal as Trio Primêr te help organiseer, aanbied en deelneem.
Vanjaar is die afdelings vir Kuns en Blomme ook vir die eerste maal as deel van die Kroonstad Eisteddfod aangebied. Kundige beoordelaars is in elke afdeling gebruik en Trio se leerlinge het uitstekend gevaar. Kroonstad Eisteddfod word weer in 2025 aangebied.
Kuns
‘n Hoogtepunt van die 2024 kunsjaar was die deelname aan die Santam Kinderkunskompetisie waar 4 van ons leerlinge se kunswerke gekies was om by die Santam Kinderkuns Uitstalling in Kaapstad aan die begin van 2025 vertoon te word.
Musiek
Trio-leerlinge ontvang musieklesse by verskeie privaat onderwyseresse in die dorp.
Sowat 4 leerlinge het aan instrumentale eksamens en musiekteorie-eksamens in 2024 deelgeneem en almal het uitstekende uitslae behaal.
Voortrekkers
Die Voortrekkerkommando kom steeds weekliks op die Trio Primêr-skoolterrein bymekaar. Hul is aktief en bied verskeie kampe aan waar die leerlinge leer en verryk word. Die nasionale PD-Voorslag Eksamen was suksesvol deur 8 gr. 7-leerlinge afgelê in 2024. Die Voortrekkers spog met 6 goudklas PD-eksamens!
Trio Trommies
Die groepie het gedurende 2024 bestaan uit 22 dogters van graad 1, 2 en 3. Dit was ‘n baie gedrewe en pligsgetroue groep dogters. Hulle het hard gewerk en gekonsentreer om al die bewegings onder die knie te kry. Dit vat ure se oefening en geduld om ons optrede so goed te kry.
Tydens hulle optredes het hulle pragtig en netjies gelyk in hulle rokkies. Hulle het elke oomblik van die vertonings geniet. Hulle selfbeeld en liggaamshouding verbeter met elke oefening. Die trommies het by die graad 1 opedag, Trio Ritmefees en gedurende saalopening opgetree.