1. Aan die elmboog van die Valsrivier,
kleure blou, wit en rooi,
staan ons eie trotse skoolgebou
in die Vrystaat, o, so mooi!
2. Die mooiste, mooiste sonopkoms,
die rooi Afrikanerbees
en sonneblom in die mielieland,
is vir altyd in ons gees.
Koor: Daar’s werk, komaan, streef na die kroon,
daar’s werk, komaan, streef na die kroon.
3. In die hartjie van die platteland,
staan ons skool altyd saam
en die boodskap van ons eenheid
staan geskrywe in ons naam.
4. Ons is Trio Primêre Skool
en ons bly vir altyd staan.
Ons sal strewe na ‘n eenheid
waar ons ookal mag gaan.
Koor: Daar’s werk, komaan, streef na die kroon,
daar’s werk, komaan, streef na die kroon.
Daar’s werk, komaan, streef na die kroon,
daar’s werk, komaan, streef na die kroon.