Leerlinge

Dankie aan ons leerders. Dankie dat julle met goeie en omgeeharte skool toe kom. Die etos van die skool is baie dinge, sommige sigbaar (die netheid en gedrag van ons leerders) en sommige dinge is onsigbaar (ons gesindheid, ingesteldheid, waardes en beginsels).

Daar kan met opregtheid gesê word dat 99% van ons leerders hierdie sigbare en onsigbare etos uitdra. Daarvoor kan ons ons ouers en personeel bedank. Ons is besonders trots op die skool se prestasies op kulturele – en sportgebied.

Leiers van Môre: Ons Hoofseun en Hoofmeisie Se Boodskap vir 2025

Ons Hoofseun en Hoofmeisie bring hul unieke perspektiewe en bemoedigende woorde vir 2025.
Hulle nooi die skoolgemeenskap uit om saam met hulle te droom, te streef en te oorwin. Met 'n fokus op samewerking, integriteit en uithouvermoë, deel hulle hul hoop en planne vir 'n jaar vol nuwe uitdagings en oorwinnings. Kom ons steun mekaar en bou saam aan 'n blink toekoms.

© Kopiereg 2025 Trio Primêr - Alle Regte Voorbehou | Koekiebeleid | Privaatheidsbeleid

WhatsApp Chat
Terug na Tuisblad
Terug na Bo